af
Books
Jan-Jan Joubert

Wie Gaan in 2019 Regeer

In die plaaslike verkiesing van 2016 is die ANC bloedneus geslaan toe hy drie metrorade aan die opposisie moes afstaan. Gaan die verdeelde regerende party onder Cyril Ramaphosa kan verenig en in 2019 'n meerderheid by die stembus behaal? Of gaan die DA en die EFF hul groot ideologiese verskille kan oorkom om die ANC uit die kussings te lig?
Sedert Jacob Zuma as president bedank het, het Suid-Afrika se politieke landskap dramaties verander. Die gesoute politieke joernalis Jan-Jan Joubert kyk na alle moontlike scenario's en neem die leser agter die skerms na waar die geheime politieke smouswerk plaasvind.
Hy oorweeg al die beskikbare opsies vir politieke partye in die aanloop tot die volgende verkiesing. Sal die ANC 'n koalisie vorm om in beheer te bly? En wat is die kans dat dié party na die EFF sal draai om meer steun te werf?
Een ding is seker — ooreenkomste sal aangegaan word. Die uitslae van plaaslike en tusenverkiesings wys vir Joubert dat die volgende verkiesing die eerste in 25 jaar kan wees waarin geen party 'n volstrekte meerderheid behaal nie.
In eksklusiewe onderhoude deel politieke leiers ook hul standpunte oor die belangrikste kwessies wat burgers en partye verdeel — of dalk kan verenig.
269 printed pages
Copyright owner
Bookwire
Original publication
2018
Publication year
2018
Publisher
Jonathan Ball
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)