af
Books
Joyce Kotzè

Wintersrust

Een familie, van Britse en Boere-afkoms, se lojaliteite word verstrengel deur die gang van geskiedenis. Transvaalse politiek en Britse imperialisme sleur hul mee in die Anglo-Boereoorlog van 1899–1902. Hegte bande word op die slagvelde beproef en wanneer die formele fase van die oorlog oorgaan in 'n verskroeidaardebeleid en geurrillastryde, moet riskante keuses gemaak word. Martin de Winter, bestem om sy land die twintigste eeu binne te lei, word noodgedwonge 'n suksesvolle jong generaal terwyl verbode liefde by hom spook. Stefanie de Winter, 'n gevierde pianis, word wantrou deur die leiers aan beide kante. Lojaal aan haar familie, maar verlief op 'n Britse offisier, volg sy 'n noodlottige pad. Karel en Rudolf de Winter, tweelingbroers, verknog aan mekaar, probeer die koeël ontwyk wat hul vir altyd sal skei. James Henderson, Britse kavalleris en onverskrokke soldaat, word vasgevang deur sy lojaliteit aan sy land en sy liefde vir sy Boerefamilie. Dokter Charles Henderson is geskok deur die doelbewuste verwoesting van sy aangenome land, Transvaal, en deur die aandeel wat sy broer teen wil en dank daaraan het. Wintersrust is 'n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur oor die individu se worsteling met magte buite sy beheer. Sommige, oorweldig deur wanhoop, oorleef nie. Ander moet ten slotte by 'n plek van vrede en vergiffenis uitkom. Ondanks woede en onreg ontdek die familie 'n mag wat sterker as oorlog is.
793 printed pages
Copyright owner
Bookwire
Original publication
2017
Publication year
2017
Publisher
Jonathan Ball
Translator
Daniel Hugo
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)